Afrikaans | Nal'ibali
Home | Languages | Afrikaans

Afrikaans

’n Noue ontkoming

Olwethu, die seekat, rus onder ’n rotslys in ’n groot poel naby die strand. Sy is bang. Sy was nog nooit so ver weg van haar eie poel op die rif nie. Sy voel altyd veilig op die rif, ver van die kuslyn en mense. Maar ’n paar dae gelede het ...

Atletiekdag by die Insekte-laerskool

Die oggendson skyn helder waar Lulu op ’n grasspriet op haar skool se sportveld sit. Vandag is atletiekdag by die insekte se laerskool. Lulu is baie opgewonde. Sy neem deel aan hoogspring. “Vlooie kan baie hoog spring!” skree sy toe sy op ’n ...

Die vriendskapsarmbandjies

Palesa en Gracie is al vandat hulle drie jaar oud is beste maats. Hulle woon langs mekaar, en hul ma’s is ook vriende. Hulle is ’n maand uitmekaar gebore en het soos susters grootgeword. Hulle doen alles saam. Hulle gaan na dieselfde skool toe ...

Die muskiet en die kakkerlak

Een warm somersaand stap ’n kakkerlak stadig oor die kombuistafel. Hy eet die broodkrummels wat die gesin op die tafel gemors het. Nou is hulle vas aan die slaap in hul beddens. Toe hoor hy ’n geluid. Bzzzz, bzzzz! “Wat’s dit?” vra die ...

Buffeltjie en die grom-brom

Buffeltjie word die oggend aan die verkeerde kant van die lappie gras wakker. Hy het laasnag glad nie lekker geslaap nie. Hy het heelnag lank die vreesaajaendste geluide in die bosveld gehoor. Eers was die geluide ver weg, maar toe het dit al hoe ...

Die diere se geheim

Eendag was daar ’n jong seun en sy naam was Tshego. Hy was baie nuuskierig en ook effens ondeund. Tshego het baie daarvan gehou om nuwe plekke te verken. Hy het vrae gevra oor alles. “Mamma, kan diere hoor? Mamma, verstaan diere wat ons sê? ...

Die kat en die kakkerlak

’n Lawwe klein bruin kakkerlak het eenmaal ’n huis met ’n gesin en hul kat gedeel. Die lawwe klein bruin kakkerlak hou daarvan om te eet, nes die res van sy kakkerlakgesin. Kakkerlakke hoef nie elke dag te eet nie, maar in hierdie huis word ...

Hoekom Krokodil in die rivier woon

Eendag, lank gelede, het die diere Leeu gekies om die koning van die oerwoud te wees. Op daardie dag het Sebra al die diere bymekaargeroep en gesê: “Kom ons hou ’n partytjie om te vier dat ons ’n nuwe koning het.” “Dis nou ’n goeie ...

Wat is dit?

Vandag is die eerste dag van die skoolvakansie! Dis ook markdag, en Mme wa Afrika vat vir Afrika en Dintle mark toe om ’n speelding of lekkerny te gaan koop. “Daar’s net een voorwaarde voordat jy jou speelding of lekkerny kan kry,” sê Mme ...

Matty en die towerappelboom

Eendag was daar ’n jong vrou met die naam Matty. Sy het op ’n klein plasie gewoon waar die grond hard was en die werk swaar. Maar Matty was geen gewone boer nie. Sy het vasberade in die warm son geswoeg om genoeg groente te kweek om by die ...