Afrikaans | Page 20 | Nal'ibali
Home | Languages | Afrikaans

Afrikaans

Mamma raak deurmekaar

Mamma sit haar inkopiesakke op die vloer neer en flop op ’n kombuisstoel neer. “Goeiste, maar ek is moeg,” sê sy en vee die sweet van haar voorkop af. “En ek moet nog so baie bak vir Eerwaarde Dumisani se verjaardagtee by die kerk ...

’n Verjaardaggeskenk vir Pappa

“Dis vandag Pappa se verjaardag,” sê Mamma.

“Ek wil vir hom ’n geskenk gee!” sê Alex. “Wat kan ek vir hom gee, Mamma?”

“Ons moet winkel toe gaan om meel te koop vir Pappa se verjaardagkoek,” sê Mamma. “Ons sal op ...

Thoko se spesiale sop

Dit is ’n koue, reënerige oggend. Mamma het haar warm jas en serp aan. “Thoko,” sê Mamma, “ek gaan Kaapstad toe vir ’n werksonderhoud. Ek sal betyds terug wees vir aandete.”

Gogo en Thoko kyk deur die venster hoe Mamma deur die ...

Ons moet gaan!

Dit is Dinsdag en die skool is gesluit. Al die kinders ontmoet mekaar by die biblioteek vir ’n spesiale dag. Dit is Geletterdheidsdag en mense van oral oor die wêreld gaan op dieselfde dag stories lees en skryf, en na stories luister.

Neo ...

* Read this story aloud to children who are learning to read 
* Support beginner readers (7-10 years old) by reading this story with them
* Children older than 11 years would enjoy reading this story on their own

Momma Moeng se verrassing

Dit het alles begin toe Momma Moeng ’n fles konfyt vir Gogo Moeng se verjaardag gemaak het. Toe het Baba Beka sy beste blou ballon gevind. Hy wou dit vir Gogo gee vir haar verjaardag.

Momma het vir Baba Beka op haar rug vasgemaak met ’n ...

Thoko se beste maat

“Kan Jake asseblief by my kom speel?” vra Thoko vir Mamma. “Hy’s my beste maat,” sê sy.

“Natuurlik,” sê Mamma. “As Gogo nie omgee om na julle te kyk terwyl ek by die werk is nie, is dit goed so.”

“Ek gee glad nie ...

Hope se vakansie

“Jippie, dis vakansie!” skree Hope. Haar ma lag en parkeer die motor op Mme wa Afrika se plaas.

“Ons is hier!” roep Josh toe hy vir Afrika en sy mamma sien.

“Wat beplan julle om te doen noudat julle hier is?” vra Mme wa ...

Neo en die grote, wye wêreld

Neo kyk by sy kamervenster uit na die grys lug en die grys straat met al die nat, grys mense wat deur die grys, gietende reën skarrel. Hy kan nie buitentoe gaan nie, en hy het reeds al sy boeke vir Mbali gelees.

Net toe kom Gogo in, met haar ...

* Read this story aloud to children who are learning to read 
* Support beginner readers (7-10 years old) by reading this story with them
* Children older than 11 years would enjoy reading this story on their own

Gus, die gorilla

Gus is ’n groot gorilla. Hy woon in die dieretuin saam met ’n ander gorilla, Gabby. Gus en Gabby het ’n klein huisie waarin hulle slaap en ’n pragtige tuin om in te speel.

Die opsigter van die dieretuin is goed vir Gus en Gabby. Hy ...

Koketso se partytjieskoene

“Au! Au! Eina!” kla Koketso.

Ouma is voor die stoof doenig en kyk nie eens om nie. “Wat’s fout, Koketso?” vra sy.

“AU! AU! EINAA!” roep Koketso. “My voete is seer. My skoene knyp my.”

Ouma draai om en kyk na ...

  •  Read this story aloud  to children who are learning to read 
  • Support beginner readers* (7-10 years old) by reading this story with them
  • Children older than 11 years would enjoy reading this story on their own