Een middag is Zulfah se gesin in die kombuis. Almal is besig om iets te doen. Zulfah help haar pa om die groente te sny om sop te maak. Haar ma was die skottelgoed by die wasbak. Zulfah se klein boetie, Ashraf, is dors. Hy wil iets hê om te...
Thandi is baie opgewonde toe sy wakker word. Dit is haar verjaarsdag en sy is NIE meer sewe nie!
“Ek is agt jaar oud, ek is agt jaar oud, ek is agt jaar oud vandag,” sing sy vir haarself. Nou kan sy dinge doen wat sy nie op sewe kon doen...
Daar was eenmaal ’n jong seun wat op ’n plaas naby ’n dorpie gewoon het. Hy het saam met sy ma, pa en suster gewoon. Almal in sy gesin het hulle eie spesiale werk gehad. Sy werk was om die skape op te pas.
Vroeg een oggend word Dawid wakker en hoor “miaau, miaau, miaau” buite sy kamervenster. Hy hardloop na sy pa toe om hom wakker te maak en gaan buitentoe om die geluid te soek. Toe sien hulle ’n klein, maer, swart katjie wat in ’n boom wegkruip.
“Sy lyk baie bang en...
Eendag sit en kyk Zinthle se ouma hoe Zinthle tamaties in hul tuin pluk.
“Hierso, Ouma, proe bietjie hierdie tamatie,” sê Zinthle en gee vir haar ouma ’n ronde, rooi tamatie. “Ek het dit self gekweek!”
“Dankie, Zinthle, jy het regtig groen vingers,” sê Ouma.
Zinthle lag. “Ek dink nie so nie Ouma....
Lank, lank gelede – voor die tyd van jou oupa en sy oupa en selfs sy oupa – was Dag en Nag nie skaam nie. Hulle het op die aarde rondgeloop, nes jy. Elke oggend word Dag wakker ...
Toe Sibu in iLanga-laan intrek, vra mev. Magona vir al die bure om ’n klein bietjie van dit en ’n klein bietjie van dat te bring om hom te verwelkom. So maak Sibu goeie vriende. Hulle hou van hom en hy hou van hulle.
We use cookies to ensure that we give you the best experience on our website. By continuing to use our website, you are agreeing to our use of cookies.