Sommer kinderspeletjies
Home | Written stories | Multilingual stories | Sommer kinderspeletjies

Written stories

Sommer kinderspeletjies

Author

Storie deur Bandile Sikwane

Illustrator

Illustrasies deur Elizabeth Sparg

 Hank die sjarmante Ratel is die beste kok in die savanne.

Dis sy vasberadenheid om die beste bestanddele te vind wat hom beter maak as al die ander.

Vandag se resep is eenvoudig, maar die maaltyd is spesiaal.

Hy maak dit vir Wendy die Vlakvark. Die arme ding het haar been gebreek toe sy van honger hiënas probeer wegkom het.

Die resep bevat bestanddele wat besonder moeilik is om in die hande te kry.

Hank stoei met ’n logge luislang. Sy vleis sal lekker smaak in ’n bredie.

Hy verduur meer as ’n honderd bysteke terwyl hy nektar en heuning bymekaar maak om te drink.

Dodelike skerpioene val hom aan toe hy hulle huis omdolwe op soek na amadumbe.

Eina! Eina! Eina!

 

’n Pofadder pik hom terwyl hy bessies en wilde tamaties bymekaar maak. ’n Pofadder se gif is baie sterk. Hank voel eers ure later weer beter.

Kort voor lank is hy op die hoek van Vlakvarklaan en Kremetartstraat.

Die vriende smul aan die bredie, en drink nektar.

Hulle lag vir die knorrige brulpaddas wat vir die raserige krieke kwaak.

 

“Dis jou beste gereg ooit,” sê Wendy, terwyl sy met haar tong oor haar gesig lek-lek om die laaste krummeltjies by te kom. Dit moes vreeslik baie moeite gewees het om dit te maak.”

“Glad nie,” antwoord Hank vrolik. “Dis sommer kinderspeletjies. Lek jy maar solank jou lippe af vir die watertandlekker pofaddersteak wat op môre se spyskaart is!”