Een aand word Jay wakker en sien ’n helder lig in die lug. Iets vlieg baie vinnig na die venster toe. Skielik stop dit. ’n Deur gly oop en ’n snaakse wese klim uit. “Arp! Hallo, my naam is Goggles. Arp,” sê die wese. Jay staar net. “Arp! Kan jy my hoor? Kan jy praat? Arp!” vra Goggles. Jay probeer praat, maar geen geluid kom uit nie. “Arp! Kan jy vir my sê wat – arp! – hierdie is?” Goggles wys vir Jay ’n plastieksak, ’n plastiekbottel en ’n leë blik. “Hulle groei orals op die aarde.
Hulle is op die land en in die riviere en dryf in die see. Is dit goed om te eet?” Die wese probeer ’n hap uit die bottel vat. “Nee, moenie dit eet nie! Dis plastiek!” Jay se stem is weer hard en duidelik. “Mense gooi hul vullis in die strate, en dit waai in die riviere in en dryf af na die see toe. Soms dink honger visse en seeskilpaaie dat dit kos is, en dan eet hulle dit en gaan dood. Plastiek en glas en blik hou baie lank, en daarom is die land en die riviere en die see en die strande vol vullis.”
Goggles lyk hartseer. “Sê nou … arp! … sê nou ek stuur al die rommel in die ruimte in? Ek sal vir my ’n nuwe planeet maak om op te woon, en die aarde kan weer skoon wees en die visse sal nie die plastiek eet nie. Arp! Is dit ’n goeie idee?” “Ja, beslis,” sê Jay. Goggles spring terug in die ruimteskip in. “Arp! As jy my nodig het, skree my naam drie keer,” roep Goggles terwyl die ruimteskip wegbeweeg. Jay kyk hoe die ruimteskip al hoe hoër styg.
Hy sien hoe die rommel uit die strate, uit die riviere, van die strande af en uit die see in die ruimte opgesuig word. Die volgende dag word almal wakker op ’n silwerskoon, blink, nuwe aarde. Nêrens is daar rommel nie. Skoon water, skoon strate, skoon alles. Almal was baie bly oor die skoon aarde. herwinning doen, arp! en alles wat help om die aarde mooi te hou. Hulle sal so gelukkig voel in hul drome dat hulle daardie dinge sal wil aanhou doen wanneer hulle wakker word. Arp.”
En dis net wat gebeur. Goggles strooi goue droomstof oor die hele wêreld. Daardie aand droom miljoene der miljoene mense dat hulle dinge doen om vir die woude en velde en berge en riviere en strande en seë te sorg. In hul drome voel hulle gelukkig en vreedsaam. En toe hulle wakker word, gaan hulle en doen presies wat hulle gedroom het. Hulle maak die aarde weer mooi. Maar niemand het verander hoe hulle lewe nie. Hulle het nog steeds hul vullis in die strate gegooi.
Kort voor lank het die strate en die riviere en die strande net so sleg gelyk soos vroeër. Jay het besluit om Goggles te roep om te help. “Goggles, Goggles, Goggles! Die aarde is weer in die moeilikheid!” ZAP! Die ruimteskip verskyn. “Arp! Hierdie keer gaan ek my droomstof probeer,” sê Goggles vir Jay. “Almal op die aarde sal droom dat hulle vullis optel, arp! en bome plant, arp! en
Nal’ibali-pret
Idees om oor te gesels W
at doen dit aan ons omgewing as rommel gestrooi word? Wat kan jy doen om vir jou omgewing te sorg?
Visueel
Teken ’n prent om te wys hoe jy dink die goue droomstof gelyk het toe dit oor die hele wêreld gestrooi is.
Lees
Lees weer die paragraaf waarin Jay verduidelik hoe vullis in ons riviere en seë en op ons strande beland. Maak ’n diagram om te wys hoe dit gebeur. Teken klein prentjies met byskrifte en pyltjies tussen die prente.
Skryf
Skryf ’n koerantberig oor die verskillende maniere waarop Goggles gehelp het om die aarde weer mooi te maak. Moenie vergeet om die artikel ’n interessante titel te gee nie! Teken ’n prent om daarmee saam te gaan.
Handwerk
Hergebruik materiaal soos blikkies, plastiekbottels en kartondose wat dikwels weggegooi word. Versier dit met papier, blinkertjies, verf en/of kleurkryt en verander dit in dinge wat jy en ander familielede kan gebruik, soos potloodhouers, blompotte en houers. Maak ’n plakkaat met een of twee praktiese idees oor hoe ons vir die omgewing kan sorg.