Phumla en die ou vrou
Home | Content | Phumla en die ou vrou

Written stories

Phumla en die ou vrou

Lank, lank gelede het ’n ou vrou stoksielalleen naby die piek van ’n hoë berg bo ’n dorpie gewoon.

Almal in die dorpie was bang vir haar. Hulle het haar “Die Heks” genoem.

Eendag gaan versamel ’n jong meisie met die naam Phumla, wortels en kruie teen die hang van die berg.

Kort voor lank pak stormwolke saam, en sommer gou giet die reën neer.

Phumla besef sy moet vinnig skuiling soek, maar die enigste plek daar naby, is die ou vrou se hut…