Thandi se nuwe haarstyl | Nal'ibali
Home | Content | Thandi se nuwe haarstyl

Written stories

Thandi se nuwe haarstyl

Thandi het een oggend baie skaam skool toe gegaan. Haar ouer suster het haar hare die oggend gevleg. Thandi het baie van haar vlegsels gehou, maar sy was bang dat die ander kinders na haar sou staar omdat sy so anders gelyk het.

By die skool kom ’n seun na haar toe en trek aan een van die vlegsels.

“Wat is dit?” vra hy laggend.

Thandi wil net begin huil toe Zulfah en David na haar toe aangehardloop kom.

Zulfah sê, “O, Thandi …”