Written stories
Die koning van die voëls
Lank gelede, toe die wêreld nog jonk was, het Nkwazi, die groot visarend, al die voëls bymekaar geroep.
“Soos julle weet,” sê hy, “is Bhubesi, die leeu, die koning van die diere.
Maar waarom moet hy vir ons as voëls praat? Ons moet ons eie koning kies…
en omdat ek so koninklik is, sê ek dat ek koning behoort te wees!”
Al die voëls begin kwetter en kweel totdat een stem bo die ander uitstyg…