Die arend en die kameelperd
Home | Content | Die arend en die kameelperd

Written stories

Die arend en die kameelperd

Lank, lank gelede was Kameelperd en Arend beste vriende.

Een oggend, toe die twee vriende by die watergat staan, vra Arend vir Kameelperd:

“Wat dink jy is op die bodem van hierdie watergat?” Kameelperd dink ’n rukkie hieroor na.

“Wel, Seekoei sê daar is ’n gees daar onder, maar ek het haar nog nooit gesien nie,” antwoord sy.

“Ek daag jou uit om in te spring en uit te vind!” sê Arend.

Kameelperd was baie bang vir water, maar sy wou nie hê haar vriend moes weet dat…