Padda se taak | Nal'ibali
Home | Content | Padda se taak

Written stories

Padda se taak

Lank gelede, toe bome kon praat en visse kon vlieg, was Padda die grootste van al die diere.

Hy het graag almal geboelie en die diere was besig om baie moeg te raak vir hom.

Op ’n dag, toe Padda gaan swem, hou die ander diere ’n vergadering om te besluit wat om met Padda te doen.

“Ons moet hom besig hou sodat hy vergeet om ons te hiet en gebied,” sê Leeu.

“Goeie idee,” sê Renoster, “maar hoe gaan ons dit doen?” “Ek weet,” sê Wildsbok.

“Waarom vra ons nie vir Reënboog nie, sy het altyd sulke goeie idees…