Hoekom kan ons ...? | Nal'ibali
Home | Content | Hoekom kan ons ...?

Written stories

Hoekom kan ons ...?

Toe Dawid se pa een aand by die huis kom, was hulle albei baie honger. Dawid was egter baie vuil omdat hy na skool so lekker gespeel het!

“Dis tyd om te gaan bad,” sê sy pa.

“Dankie, Pappa, maar ek wil nie vanaand bad nie,” sê Dawid.

“Ek is jammer, maar jy moet bad!” sê sy pa. “Ek het ’n idee. Hoekom bad jy nie gou terwyl ek aandete maak nie?”

“Maar ek wil hê jy moet saam met my kom bad,” sê Dawid hartseer.

“Wie gaan dan die aandete maak?” vra sy pa. “Hoe gaan die kos gaar kom?”

“Hoekom kan ons nie die kos saam in die bad maak nie?” stel Dawid voor…