Afrikaans | Children's audio stories | Nal'ibali
Home | Rhyme Library | Afrikaans

Rhyme Library

Singing songs, saying rhymes and playing games are natural ways to develop children’s language skills. They are enjoyable activities that help children to relax and learn more easily. When adults do these things with children, it builds a sense of trust and strengthens the bond between them. Try our multilingual rhymes below.

Afrikaans

1. Duimpie het in die water geval

Duimpie het in die water geval,
Duimpie se maat het hom uitgehaal,
Langeraat het hom huis toe gedra,
Fielafooi het hom neergelê,
en Pinkie het vir Ma gaan sê.

Druk vir elke reël op die regte vinger.

2. Duimpie, Duimpie se maat

Duimpie,
Duimpie se maat,
Langeraat,
Fielafooi,
Vang 'n vlooi!

Druk vir elke reël op die regte vinger.

3. Wielie, wielie, walie

Wielie, wielie, walie,
die aap sit op die balie.
Tjoef-tjaf val hy af,
wielie, wielie, walie.

4. Trippe, trappe, trone

Trippe, trappe, trone,
varkies in die bone,
koeitjies in die klawer,
perdjies in die hawer,
die gansies in die groene gras,
die eendjies op die waterplas.
Ek wens dat kindjie groter was
om al die diertjies op te pas.

5. Sakke, pakke

Sakke, pakke,

sout en peper;

gee my stoom

dan loop ek beter!

6. Kiepie, Kiepie, kom tog gou

Kiepie, Kiepie, kom tog gou.
Hier is lekker kos vir jou.
Maar dan moet jy my eers sê
waar jy tog jou eiers lê.

7. Die wind die waai

Die wind die waai,

die haan die kraai,

die dag breek aan −

dis tyd om op te staan!

8. Die hik en ek

Die hik en ek

gaan oor die see;

die hik bly daar,

en ek kom weer.

9. My liewe neef Louw

My liewe neef Louw,

my neus jeuk nou.

Jeuk liewe neef Louw

se neus ook nou?

10. Handjies klap

Handjies klap,

voetjies stap,

ogies kyk,

neusie snuit,

mondjie fluit,

kennebak,

gorrelgat,

doedelsak!

 

Raak aan die verskillende liggaamsdele terwyl jy die woorde sê.

11. Een, twee, drie

Een, twee, drie,

al die voëltjies vlie.

Vier, vyf, ses,

elkeen na sy nes.

12. Is jy boos

Is jy boos,

pluk ’n roos,

steek dit op jou hoed,

dan is jy môre weer goed.

13. Ek en my vroutjie

Ek en my vroutjie bly stoksielalleen

in die vale pondokkie wat lek as dit reën.

Vra hulle my waarom dek ek hom nie,

dan sê ek: "As die son skyn dan lek hy mos nie."

14. Alla wiep, alla wap

Alla wiep, alla wap,
hoe kook jy die pap?
Sonder suiker, sonder melk,
'n groot bord vir elk.

15. Oom Olifant

Oom Olifant, jou reuse dier
die mense lag vir hul plesier,
want waar het jy al ooit gehoor
van 'n stertjie van agter en 'n stertjie van voor?

16. Kat en muis

'n Kat sê eendag vir 'n muis:
"Ek voel tog so alleen,
kom speel hier met my in die huis,
dan gee ek jou 'n been!"

"Nee dankie," sê die slimme muis,
"ek bly maar weg van jou −
by katte voel ek glad nie tuis,
hulle wil my beentjies kou!"

17. Hasie in die holte

Hasie in die holte

sit en slaap.

Arme hasie, is jy bang?

Kyk net hoe jou ore hang.

Hasie hop!

Hasie hop!

Hasie hop, hop, hop! 

18. Olke bolke

Olke bolke Riebeeck stolke,

olke bolke knol.

Êrie tjêrie tjiekerie tjêrie,

êrie tjêrie tjor!

 

Uittelrympie: Elke kind hou twee vuiste voor hom uit en die hand waar “tjor” val, moet agter die rug gesit word. As altwee jou hande agter jou rug is, is jy uit.

19. Paddatjie, paddatjie

Paddatjie, paddatjie,

wat maak jy daar?

Kwaak-kwaak-kwaak,

kwaak-kwaak-kwaak,

daar op 'n blaar.

 

Hier kom die eendjies

uit onder die brug.

Paddatjie skrik so

hy val op sy rug.