Home | Story Library | Multilingual stories | Ouma se gebraaide hoender

Story Library

Being told stories and being read to leads children to develop the rich storehouse of language, grammar and vocabulary they need to bring to texts when learning to read and write. 
Try our multilingual stories below or send us your own stories to share with others.

Ouma se gebraaide hoender

Author

Helen Brain

Illustrator

Vian Oelofsen

Dis Sondagoggend en Zahara is in haar slaapkamer besig om ’n prentjie te tekenDieng-donglui die voordeurklokkie. Zahara hardloop om die deur te gaan oopmaak. Dis haar ouma. 

“Hallo, Ouma,”  sy en gee haar ouma ’n drukkie. 

Ek het ’n gebraaide hoender by die supermark gekoop,”  Ouma. Die hoender is in ’n groot wit sakkie en dit voel warm toe Zahara daaraan vat. Dit ruik heerlik! 

“O, dankie,”  Zahara se mamma terwyl sy deur toe kom. “Sit dit op die toonbank in die kombuis, dan kan ons dit later vir middagete eet.” 

Ek kan nie wag om dit te eet nie,”  Zahara. “Dit ruik so lekker.” 

Ek sal tee maak,”  Pappa uit die kombuis. “Julle drie kan op die rusbank sit en ontspanHoekom kyk julle nie TV nie?” 

Net toe hoor Zahara haar pappa se selfoon lui en sy hoor hoe hy oor die foon praat. 

Ek moet werk toe gaan,”  Pappa en stap voordeur toe. “Ek sien julle later.” 

Ouma en Mamma kyk na hul gunstelingprogram op TV. 

“Tata,”  Mamma. 

“Tata,”  Ouma. 

Zahara is besig om te teken. “Tata, Pappa,”  sy. 

Sommer gou is Ouma en Mamma se TV-program klaar en is dit tyd vir middagete. Mamma gaan kombuis toe om brood, slaai en die gebraaide hoender te gaan haal. Sy maak die sakkie oophaal die hoender uit en sit dit op ’n bordGoeiste! Mamma se  rek van verbasing. Iets kortEen van die hoenderboudjies is weg. 

Zahara,” roep sy. “Kom dadelik hier.” 

Zahara weet sy moet hardloop as Mamma haar in daardie kwaai stem roep. Sy sit vinnig haar kryt neer en hardloop kombuis toe. “Wat’s fout, Mamma?” vra sy. 

“Het jy ’n hoenderboudjie geëetIemand het ’n hele boudjie afgetrek en dit geëet,”  Mamma en wys na die hoender. 

“Nee, Mamma,”  Zahara. “Ek belowe dit was nie ek nie.” 

“Is jy seker?” vra Mamma. 

Ek is DOODSEKER, Mamma,”  Zahara en lyk bekommerd. 

Mamma  niks. Sy gaan net buitentoe na waar Oom Joe besig is om sy kar reg te maak. 

“Joe, het jy die hoenderboudjie geëet?” vra sy. 

Oom Joe se radio blêr. “Wat  jy?” skree hy. 

“HET JY DIE HOENDERBOUDJIE GEËET?” skree Mamma bo die musiek. 

“Ja, dankieek sal graag van die hoender eeten sommer ’n glas koeldrank ookasseblief,” skree hy. 

Mamma sugSy stap na die groot mangoboom in die hoek van die tuin. Zahara se jonger boetie, David, en sy beste maat, Lebo, speel in die takke. 

 “David,”  Mamma, “het jy die hoenderboudjie geëet?” 

“O, lekker, dis etenstyd!”  David. “Ons is so honger.” 

“Het jy die hoenderboudjie geëet?” vra Mamma weer. 

“Nee, Mamma,”  David. 

Hy het nie,”  Lebo. “Ons speel nog heeltyd in die boom.” 

Mamma stap weer in die huis in. Sy is baie omgekrap. “Niemand het die hoenderboudjie geëet nie,”  sy. “Nou waar is dit dan?” 

Dalk het die vrou by die supermark dit gevat,”  Zahara. 

Mamma klap haar hande. “Natuurlik! Dis wat gebeur het! Die vrou by die supermark wat die hoender aan Ouma verkoop het, moes dit afgetrek het en toe vir iemand anders gegee het.” 

“Ag, nee,”  Ouma. “Ek het haar vir ’n hele gebraaide hoender gevra. Ek het vir ’n hele gebraaide hoender betaalen nou het sy die boudjie gevat. En nou het ons nie genoeg vir middagete nie.” Ouma begin huil. 

Zahara raak so hartseer toe sy vir Ouma sien huil dat sy ook begin huilDit laat Mamma ook huil. Al drie van hulle gaan sit en huil en huil.

 

Toe snuit Mamma haar neus en droog haar  afDit sal nie deug nie!”  sy. Supermarkte mag nie sulke dinge doen nie. Ons sal teruggaan na die supermark toe en vir hulle  hulle moet vir ons ’n ander gebraaide hoender gee.” 

Mamma, Ouma en Zahara sit toe af supermark toe terwyl Oom Joe ’n ogie oor David en Lebo hou. 

“Ek wil graag met die bestuurder praat,”  Mamma toe hulle daar aankomSy praat in haar kwaai stem en die bestuurder kom aangehardloop. 

“Hoe kan ek u help, mevrou?” vra hy. 

Iemand het die hoenderboudjie van ons hoender afgetrek!”  Mamma, Ouma en Zahara gelyk. 

“Dis baie ernstig,”  die bestuurder. “Ek sal die vrou wat by die toonbank met die gebraaide hoenders werkroep.” Hy tel die interkom op en : “Kan die vrou by die gebraaide hoender-toonbankasseblief dringend na die bestuurder se kantoor toe kom.” 

Mamma tik met haar voet en wag. Die vrou van die gebraaide hoendertoonbank kom gou aangehardloop. “Kan ek u help?” vra sy. 

Hierdie klant  jy het die hoenderboudjie van haar gebraaide hoender afgetrek,”  die bestuurder. 

“Nee, ek het nie,”  die vrou. “Ek het die heel gebraaide hoender in die sakkie gesit en dit vir Ouma gegee.” 

“O, nee, nee, nee!”  Mamma. “Toe ek die sakkie met die hoender by die huis oopgemaak het, was die boudjie weg!” 

Die vrou bibber en beef. “Ek belowe ek het dit nie gevat nie,”  sy. 

Die bestuurder is baie kwaad. “Gaan haal dadelik vir hierdie mense ’n ander gebraaide hoender,” bulder hy. “Oumaek sal vir jou ’n ander gebraaide hoender gratis gee, en ’n sjokoladekoek om jammer te .” 

Mamma, Ouma en Zahara gaan huis toe met ’n ander gebraaide hoender in ’n wit sakkieen ’n groot sjokoladekoek in ’n boks. 

Toe hulle by die huis kom, is Pappa terug van die werk afWaar was julle?” vra hy. “Hoekom het julle nog nie middagete geëet nie?” 

Toe vertel Zahara vir hom die hele storieSy is baie verbaas om te sien dat Pappa so geskok lyk. 

“Ag, nee,”  Pappa. “Ek het ’n verskriklike ding gedoen. Ek het die hoenderboudjie gevat toe ek op pad was werk toe. Ek was hongeren dit het so lekker geruik.” 

“Ag, nee,” roep Mamma. “Ek het daardie arme vrou in die supermark verkeerdelik in die moeilikheid laat beland.” 

“En ek het die idee in Mamma se kop gesit dat die vrou dit dalk gevat het,”  Zahara. “O, tog!” 

Pappa, Mamma, Ouma en Zahara pak toe die tweede gebraaide hoender en die sjokoladekoek in ’n sak en hulle gaan almal saam terug na die supermark. Toe hulle daar komgaan hulle reguit na die bestuurder se kantoor toe. 

 

Die bestuurder lyk baie bekommerd toe hy hulle WEER sien“Ag, nee, wat is nou fout?”  hy vir homself. “Daardie vrou gaan weer op my skree.” 

Maar Mamma skree nie. 

Ons is baiebaie jammer,”  Mamma, Ouma, Pappa en Zahara. 

“Dis als my skuld,”  Pappa. “Ek was honger. Ek het die hoenderboudjie gevatRoep asseblief die vrou wat by die gebraaide hoender-toonbank werk.” 

Die bestuurder tel die interkom op. “Kan die vrou by die gebraaide hoender-toonbankasseblief dringend na die bestuurder se kantoor toe kom.” 

Die vrou wat by die gebraaide hoender-toonbank werklyk baie bang toe sy vir Mamma, Pappa, Ouma en Zahara sien. “Moet my asseblief nie afdank nie,”  sy vir die bestuurder. 

Maar Pappa haal net sy beursie uit en gee vir die bestuurder die geld vir die gebraaide hoender en die sjokoladekoek. Toe gee hy vir die vrou die sakkie. “Vir jou,”  hy. “Ek is jammer ons het jou in die moeilikheid laat belandGaan geniet dit.” 

Die vrou is baie bly om ’n gebraaide hoender en ’n koek vir middagete te kry. Maar Zahara is teleurgesteld. “Pappa, jy het die sjokoladekoek weggegee,”  sy. 

Pappa haal toe weer sy beursie uit en koop nog ’n gebraaide hoender en nog ’n sjokoladekoek. 

Na ete kry almal ’n stukkie koek – Mamma, Pappa, Ouma, Oom Joe, Zahara, David en Lebo. Maar Zahara kry die grootste stuk, want sy is Pappa se oogappel.