One rainy break time, all the children had to stay inside the classroom. After they had finished eating, some of the children decided to make up a new hip hop dance together. It was fun until Tara said, “Hey, I know, let’s dance on the desks!” She jumped onto a desk and……
[wrapped_story_translations]
Een reënerige pouse moes al die kinders in die klaskamer bly. Nadat hulle klaar geëet het, het party van die kinders opgestaan en besluit om saam ’n nuwe hip-hop-dans te skep.
Dit was groot pret, maar toe sê Tara, “Kom ons dans op ons lessenaars!”
Sy spring tot op ’n lessenaar, gly … en val tot op die vloer!
“O eina, my enkel,” huil Tara. “Dit brand van die pyn!”
Tara se vriende het vinnig weggehol om hul onderwyseres te gaan roep…