Follow us

‘n Kat sê eendag vir ‘n muis:
“Ek voel tog so alleen,
kom speel hier met my in die huis,
dan gee ek jou ‘n been!”
“Nee dankie,” sê die slimme muis,
“ek bly maar weg van jou −
by katte voel ek glad nie tuis,
hulle wil my beentjies kou!”

Invest in a nation of readers!