Die hemel val! | Nal'ibali
Home | Node | Die hemel val!

Written stories

Die hemel val!

Author

Wendy Hartmann

Illustrator

Magriet Brink en Leo Daly

Translator

Anita van Zyl

Een sonnige dag gaan Hennetjie uit om kos te soek. Toe sy onder ’n klomp maroelabome deurloopval ’n vrug van een van die bome skielik KADOEF! op haar kop. 

EinaIets het op my kop geval!” kloek HennetjieSy kyk op en sien niks behalwe die lug nie. “Goeiste,”  Hennetjie. “Dit moet die hemel wees. Die hemel val. Ek moet die hoofman gaan vertel.” En daar gaan sy al kloek-kloekenden toe ontmoet sy vir Hoenderhaan wat in die veld loop en pik. 

 

Hoenderhaan kyk op. “Waarheen is jy op pad, Hennetjie?” vra hy. 

 

“Ek gaan vir die hoofman vertel dat die hemel val,” verduidelik Hennetjie. 

 

“Dis verskriklikKan ek saam met jou kom om vir die hoofman hierdie nuus te vertel?” vra Hoenderhaan. 

Waarheen is julle op pad, Hennetjie en Hoenderhaan?” vra Eend. 

 

Ons gaan vir die hoofman vertel dat die hemel val,” verduidelik Hennetjie. 

 

“Dis verskriklikKan ek saam met julle kom om vir die hoofman hierdie nuus te vertel?” vra Eend. 

 

Natuurlik,”  Hennetjie en Hoenderhaan. “Kom saam met ons.” 

 

HennetjieHoenderhaan en Eend loop toe om vir die hoofman te gaan vertel dat die hemel val. Hulle loop en kloekpik en kwaaken toe ontmoet hulle vir Gans. 

 

Waarheen is julle op pad?” vra Gans. 

 

Ons gaan vir die hoofman vertel dat die hemel val,” verduidelik Hennetjie. 

Kan ek saam met julle kom?” vra Gans. 

 

Ja,”  HennetjieHoenderhaan en Eend. 

 

HennetjieHoenderhaanEend en Gans loop toe om vir die hoofman te gaan vertel dat die hemel val. Hulle loop en kloekpikkwaak en blaasen toe ontmoet hulle vir Kalkoen. 

HennetjieHoenderhaanEend, Gans en Kalkoen loop toe om vir die hoofman te gaan vertel dat die hemel val. Hulle loop en kloekpikkwaakblaas en koel-koelen toe ontmoet hulle vir Jakkals. 

 

Jakkals vra: “Waarheen is julle op pad, HennetjieHoenderhaanEend, Gans en Kalkoen?” 

 

Jakkals,”  hulle, “ons gaan vir die hoofman vertel dat die hemel val.” 

 

“O! Maar dis nie die pad na die hoofman toe nie,”  Jakkals. “Ek ken die regte pad. Moet ek vir julle wys?” 

 

JaassebliefJakkals,” antwoord hulle. 

 

Volg my dan,”  Jakkals. “Toe-toe, hierdie kant toe!” 

 

HennetjieHoenderhaanEend, Gans, Kalkoen en Jakkals loop toe almal om vir die hoofman te gaan vertel dat die hemel val. Hulle stap en stap totdat hulle by ’n noudonker ingang komDit is natuurlik die ingang na Jakkals se grot. Maar Jakkals : “Dit is die kortpad na die hoofman se kraal. Julle sal gou daar wees as julle my volg. Ek sal eerste ingaan en dan moet julle my volg.” 

 

Dankie,”  HennetjieHoenderhaanEend, Gans en Kalkoen. 

 

Jakkals stap toe in sy grot in. Hy stap nie tot aan die end nieHalfpad gaan staan hydraai om en wag. Uiteindelik sien hy vir Kalkoen by die donker ingang van die grot inkom. Maar Kalkoen kom nie baie ver nie, want Jakkals hap na hom en trek ’n hele klos vere uit. 

 

“O, nee!” koel-koel Kalkoen. “Nee, nee, nee!” Hy draai om om uit te hardloop, maar hy hardloop in Gans vas. Gans draai om en hardloop in Eend vas. Eend draai om en hardloop in Hoenderhaan vas. Hoenderhaan draai om en hardloop in Hennetjie vas. En HennetjieHennetjie val KAPLAKS! op die grond. 

Hennetjie spring vinnig op, en toe hardloop elke enkele een van hulle so vinnig as wat hulle kan uit die grot uitHulle hardloop en hardloop tot Hennetjie, HoenderhaanEend, Gans en Kalkoen swoegend en swetend veilig by hul huise is. En dit is waar hulle gebly het. 

 

Hulle het nooit weer vir Jakkals vertrou nieNatuurlik het niemand by die hoofman se kraal uitgekom nieen niemand het ooit vir die hoofman vertel dat die hemel val nie. 

 

En … raai wat? Tot vandag toe het dit nog nooit gebeur nie. 

 

Waarheen is julle almal op pad?” vra Kalkoen. 

 

Ons gaan vir die hoofman vertel dat die hemel val,” verduidelik Hennetjie. 

 

Kan ek saam met julle kom?” vra Kalkoen. 

 

“O janatuurlik kan jy,”  HennetjieHoenderhaanEend en Gans.