Home | Story Library | Multilingual stories | Mulalo en die reus

Story Library

Being told stories and being read to leads children to develop the rich storehouse of language, grammar and vocabulary they need to bring to texts when learning to read and write. 
Try our multilingual stories below or send us your own stories to share with others.

Mulalo en die reus

Author

Oorvertel deur Kai Tuomi

Illustrator

Illustrasies deur Natalie en Tamsin Hinrichsen

Mulalo kan met diere praatHy kan verstaan wat elke dier  EN elke dier kan verstaan wat Mulalo . 

Op ’n dag, toe hy gaan stap, loop Mulalo verby ’n vinknes. 

“Help ons,”  ’n klein stemmetjie van binne die nes, “daar’s ’n slang in die nes en hy probeer ons opeet.” 

Mulalo kyk binne-in die nes en daar is jou waarlikwaar ’n slang om drie klein vinkies gekrul. Die slang se mond is oop en hy is gereed om hulle in te slukMulalo trek die slang uit die nes en gooi hom oorkant die pad. 

Neeee,” skree die slang terwyl hy deur die lug vlieg en in ’n bos beland. 

Dankie,”  die vinkies, “ons sal dit nooit vergeet nie.” 

Verder af in die pad stap Mulalo verby ’n paar wollerige bruin boude wat aan ’n erdvark behoort, en wat by ’n groot miershoop uitsteek. 

“Help ons,” roep honderde klein stemmetjies, “hier’s ’n erdvark en hy breek ons miershoop!” 

Haai,”  Mulalo, en tik die erdvark op sy rug, “kan jy asseblief hierdie miere uitlosjy verwoes hulle huis.” 

Nou goed dan,”  die erdvarkwat uit die miershoop kom en koers kies bosveld toe. 

Dankie,”  al die miere vir Mulalo, “ons sal dit nooit vergeet nie.” 

Mulalo stap verder en gou kom hy by ’n rivier. 

“Help,”  ’n stem van die rivierwal af. Toe Mulalo kyksien hy ’n vis wat op die sand . “Sit my asseblief terug in die water,”  die vis, “’n nare ou reus het my hier gelos, en ek kan nie op droë grond asemhaal nie.” 

Mulalo sit die vis terug in die water. PLOEPS! 

 “Dankie,”  die vis, en wikkel sy vinne, “ek sal dit nooit vergeet nie.” 

Mulalo stap aan met die pad wat langs die rivier loop. Hy het nog nie baie ver geloop nie, toe hoor hy: BOEM! BAM! KRAAK! ’n Reus kom deur die bosveld gestrompel! Toe sien Mulalo hoe hy in die middel van die pad gaan sit – KADOEF! Die reus is so groot dat Mulalo weet hy sal nooit by hom kan verbykom nie. 

“Hallo,”  Mulalo, “kan jy asseblief opstaan?” 

“Het jy geld?” vra die reus. 

 “Nee,”  Mulalo. 

Welek gaan nie opstaan totdat jy vir my iets gee nie,”  die reus. “Ek reken jy kan probeer om my te laat lag. As jy vir my ’n goeie grap vertelsal ek jou laat verbykom.” 

Mulalo vertel toe vir die reus ’n grapDit gaan oor ’n apie en ’n kameelperd, maar dis nie baie snaaks nie, en daarom lag die reus nie. 

Jy sal iets anders moet doen,”  die reus. “Laat ek dink. Sien jy daardie kremetartboom daar anderkant?” Mulalo knik. “Gaan haal vir my ’n peul van die boonste takke van daardie kremetartboom,”  die reus, “en dan sal ek besluit of ek jou sal laat verbykom.” 

Mulalo probeer die boom klim, maar die stam is baie glibberig en hy kry nie vastrapplek nieSkielik vlieg iets verby sy kop. 

Ons kan help,”  die drie klein vinkies van vroeërVinkies is baie goed daarmee om dinge te maakHulle versamel dus gras en riete en maak ’n lang touHulle maak die tou bo in die hoë boom vas. 

Dankie,”  Mulalo, en hy klim met die tou op en gaan pluk ’n kremetartpeul van die boonste takke af. 

“Dis nie regverdig nie,”  die reus toe hy die peul vat. “Jy’t gekierang.” 

 “My vriende het my gehelp,”  Mulalo. “Dis nie kierang nieKan ek asseblief nou verbykom?” 

 “Wel, nee,”  die reus. “Dit was veels te maklikEk  jou wat. Sien jy daardie graskol daar oorkant?” Mulalo knik. Die reus haal ’n sak boontjies uit en skud dit oral oor die gras uit. “As jy al die boontjies optel voordat ek tot by twintig telsal ek jou laat verbykom,”  die reus laggend. “Kom ons sien hoe jou vriende jou nou help.” 

Mulalo gaan na die graskol toe en begin die reus se boontjies optel. 

Ons sal help,” klink honderde stemmetjies uit die gras op. Mulalo kyk af en sien duisende miere. 

Dankie,”  hy met ’n glimlag. Met die miere se hulptel Mulalo al die boontjies op voordat die reus eens tot by twaalf getel het! Hy gee die boontjies vir die reus. 

 “Waarom het die vinkies en die miere jou gehelp?” vra die reus en lyk baie verward. 

 “Omdat hulle my vriende is, en dis wat vriende doen – hulle help mekaar,”  Mulalo. 

Goed daneen laaste toets,”  die reusHy tel ’n rooi klip op en gooi dit in die diepste deel van die rivier. “Gaan haal dit,”  hy laggend. 

Mulalo kyk af in die rivierDaar is ’n silwer flits en die vis steek sy kop bo die water uit. In sy mond is die rooi klip. 

Dankie,”  MulaloHy gee vir die reus die rooi klip. 

Die reus begin huil. “Ek wens die diere wil my help soos hulle jou help,”  die reus. “Ek is gemeen en niemand wil ooit doen wat ek vra nieDalk moet ek probeer om meer soos jy te wees.” 

Mulalo gee hom ’n drukkie en die reus stap weg in die bosveld in. Van daardie dag af was die reus nie meer gemeen nie, en al kon hy nie soos Mulalo met diere praat nie, het hy goeie vriende met almal van hulle geword en hy het hulle gehelp wanneer dit ook al nodig was.