Die Vullismonster
Home | Content | Die Vullismonster

Written stories

Die Vullismonster

Elke oggend bestuur Siraaj se pa ’n lorrie. Dit is nie ’n gewone lorrie nie omdat dit water uitspuit en groot, ronde borsels aan die onderkant naby die wiele het. Siraaj se pa sê dit is ’n groot vullismonster wat al die gemors vreet wat mense in die strate gooi en boonop was en skrop dit ook die strate! Hy sê dit is ’n goeie monster omdat dit net vullis en gemors vang en dat ons sonder hierdie lorrie in groot moeilikheid sal wees!

Siraaj se pa vertel dikwels ’n storie oor die dag wat die goeie vullismonster siek was en na die garage moes gaan om herstel te word. Daardie oggend het hy wakker geword, vir werk aangetrek, sy ontbyt geëet en teen vyfuur met sy lang staptog werk toe begin. Terwyl hy werk toe gestap het, het hy iets raakgesien wat vir hom gesê het dat hierdie dag anders sou wees as al sy ander werksdae. Hy het gesien dat…